latest news
This news page serves as a dedicated space for our latest firm announcements, professional milestones, and internal updates. Stay connected with our practice as we continue to grow and provide expert legal representation across the Garden Route.
BESONDERSE MYLPAAL BY NICO SMIT INGELYF
Nico Smit Ingelyf is ’n plaaslike prokureursfirma wat in 2001 gestig is deur Nico Smit, wie in George skoolgegaan en grootgeword het. Van ‘n klein begin met net ‘n enkele ontvangsdame, het die firma gegroei tot waar dit tans spog met 13 personeellede. In Maart 2026 het 2 personeellede die uitsonderlike mylpaal behaal van 20 jaar in diens van die firma.
Me Leonie Jacobs het op 6 Maart 2006 en Me Ronel de Swardt het op 16 Maart 2006 diens aanvaar by die firma, kort nadat die kantoor van Markstraat na die huidige perseel te Victoriastraat 77, George geskuif het. Hierdie twee merkwaardige dames het bygedra om die invorderingsafdeling op die been te bring. Die invorderings-departement is tans die grootste departement in die firma.
Me Jacobs en Me De Swardt is steeds werksaam by die praktyk en dit blyk of 20 jaar se harde werk hul nie afgeskrik het nie, inteendeel, hulle het nog nie een begin om voet van die versneller af te haal nie! Die firma is besonder trots op hierdie twee steunpilare.
Nico Smit Prokureurs kan tereg spog met hierdie twee gewaardeerde lede van die personeel en word hulle twee se toewyding aan die praktyk opreg waardeer. Me Jacobs en Me De Swardt word bedank vir 20 jaar van onwrikbare lojaliteit en uitstekende diens aan die firma. Die firma hoop om beide nog lank by ons te hê.
Tydens ‘n klein seremonie is lang diens sertifikate in Maart 2026 aan beide toegeken en het Mnr Smit sy opregte waardering vir die twee staatmakers se diens, lojalitiet en ondersteuning aan hom benadruk.
